2006-03-24

Vandag se dagstukkie

Lees eers: Matt 6:25-34 en Mk 4:1-9 en 13-20

Wie van ons ken dit nie: die sorge en bekommernisse van die lewe—maar ook die “verleiding van rykdom en die begeerte na allerhande dinge” (Mk 4:19).
Jesus was nie wêreldvreemd nie. As timmerman het Hy sy deel van sorge en bekommernisse geken. Ook die “verleiding” en “begeerte” na rykdom—en die Satan het sy bes gedoen om Jesus in die woestyn daaraan te laat toegee.
Wat Jesus egter ook geweet het was dat hierdie dinge ons vreugde en vrede steel. Dit verhoed dat ons ‘n lewe in voorvloed leef.
Jesus kom met ‘n alternatiewe lewensperspektief. Fokus op God se koninkryk bowenal, sê Hy. Haal die fokus van jouself af. Leef onselfsugtig en onselfgerig. As jy dit doen sal ‘n klomp van jou bekommernisse van jou rug afval. Jy sal sommer ligter voel!
Weet dan ook, sê Jesus, dat jy ‘n Vader in die hemel het. Jy is deel van God se huisgesin. Hy gee om vir jou en Hy wil vir jou sorg. Hy weet presies wat jy nodig het.
Hy sorg vir die wilde voëls. Hy sal vir jou ook sorg.
Hy beklee vir die veldlelies. Hy sal jou ook klee.
Hierdie week moes daar één belangrike boodskap by jou deurgekom het: Jy kan maar op die Here vertrou! Hy is by jou, Hy help jou, Hy red jou. Hy sorg vir jou en Hy maak die storms om jou in en jou stil. VERTROU op God se sorg!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home