Nog eens die 'Karre
Die debat oor die 'Karre raak nou al seker so bietjie lank en uitgerek, maar die groep Prophet, wat uit Koos van der Merwe en Theo Geyser (beide predikante/pastore) bestaan, is nogal insiggewend aangesien hulle musiek self al van radiostasies verban is.
Die gospel-groep Prophet het gister gesê hy verstaan die pyn waardeur Fokofpolisiekar nou gaan met die kritiek wat dié groep kry, hoewel hy nie die 'Karre se stellings steun nie.
Ds. Theo Geyser, een van die sangers in dié duo wat hoofsaaklik bekend geword het met sy liedjie Houtkruis, het gister in 'n ope brief gereageer oor Christene landwyd se "haatspraak" teen dié groep. "Ons het nooit van die term gospel gehou nie (hoewel beide van ons predikante is), bloot omdat ons nie regtig oortuig is dat Christelike etikette noodwendig iets Christelik maak nie," sê hy. "Maar ons ken van verbanning. Ons musiek was jare lank op radiostasies verban."
Klik op die opskrif hierbo om die res van berig te lees.


0 Comments:
Post a Comment
<< Home