2006-03-20

Die nuutste oor die 'Karre

Kerke aanvaar 'Karre-apologie

Noudat die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar gesê het hulle is "baie jammer indien ons iemand aanstoot gegee het", behoort Christene hul verskoning te aanvaar.

Dít was gister die oordeel van twee prominente kerkleiers - dr. Isak Burger van die AGS en dr. Nelus Niemandt van die NG Kerk - asook van vyf Oudtshoornse predikante by wie die protes teen die Polisiekarre se optrede by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees begin het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home