Bedieninge
Die woonkamer
'n Woonkamer is 'n plek waar die gesinslede saam kuier. Hier word kopstukke gesels, probleme word uitgepraat en opgelos, en planne word beraam om mekaar te help op allerlei praktiese maniere. Die gesin leer mekaar hier ken, liefhê en dien.
Barmhartigheidsbediening
Help die diakonie om mense in nood te identifiseer en te bedien op praktiese maniere. Hulp aan mense wat 'n geliefde verloor het (bemoediging en bystand, antwoord van telefoon, maaltye vir gesin en familie, verversings met begrafnis.)
Gesondheidsbediening
Besoeke aan siekes tuis en in die hospitaal. Basiese gesondheidsorg (bloeddruk, inspuitings, maserings ens.). Hulp met berading indien nodig. Hulp aan die res van die gesin (bv. maaltye).
Kinderbediening (Voorskools tot Graad 6)
Tree op as kleingroepleier of graadgroepleier. Hulp met logistieke reëlings en administrasie. (meer ...)
Tienerbediening
Tree op as kleingroepleier of graadgroepleier. Hulp met jeugkampe, drama– en mimiekgroep, jeugorkes (instrumentalis, sang, klank). Word 'n jeugkerkraadadviseur. (meer ...)
Jong volwassenes
Sluit aan by 'n jeugsel en reël aktiwiteite en geleenthede wat gerig is op die behoeftes van die jong volwassenes in ons gemeenskap.
Aksie een
Help om geleenthede te reël wat gerig is op die behoeftes van die enkellopendes in ons gemeenskap.
Aksie twee
Jonggetroudes se behoeftes is uniek. Help met die reël van huwelikseminare en huweliksverrykingskampe en ander toepaslike geleenthede.
Senior lidmate
Help om senior lidmate gereeld te besoek en behoeftes en nood te identifiseer. Help om die gereelde oggendtee's te reël en aan te bied asook moontlike ander uitstappies en geleenthede.
Gesinsbediening
Help om spesifieke behoeftes van gesinne te identifiseer en programme te reël om dit aan te spreek.
Aksie twee+ (Ouers met kleuters)
Wanneer die woelige kleingoed opdaag het jong ouers dikwels hulle hande vol. Help dink aan manier om dit vir hulle 'n bietjie makliker te maak.
Vrouebediening
'n Tradisionele vrouediens is skynbaar uitgedien. Tog het vroue bepaalde behoeftes. Help om dit te identifiseer en aan te spreek en bedieninge te ontwikkel vir alle vroue in ons gemeenskap.
Mannebediening
As gemeente kan ons ook die mans in ons gemeenskap met hulle unieke behoeftes dien. Help dink aan maniere.
