Bedieninge
Die voorkamer
Die voorkamer is die plek waar gaste verwelkom word. Hier vorm die gaste hulle eerste indrukke van die mense wat in hierdie huis woon. Daar is 'n gesegde wat lui: "You never get a second chance to make a first impression." Ons hou daarvan om 'n goeie en blywende eerste indruk te maak!
Gasvryheidsbediening
Om mense welkom en tuis te laat voel by eredienste. Gee mense 'n hartlike handdruk, deel die afkondigsblaadjie uit, help mense om 'n sitplek te kry in die kerkgebou. Beman 'n inligtingstafel.
Nuwe intrekkerbediening
Om nuwe intrekkers te verwelkom in die gemeente en hulle te help om vinnig tuis te voel. Dit behels die reël van gereelde nuwe intrekker-ontbyte en spesiale besoeke.
Aansteeklike Christen
Word 'n aansteeklike Christen is 'n kursus wat mense help om die evangelie op relevante maniere uit te dra in ons gemeenskap. Help met die aanbieding van hierdie kursus, logistieke reëlings en verversings. (Jy moet eers die kursus self deurloop)
Alpha-kursus
Die Alpha-kursus is 'n inleiding in die belangrikste elemente in die Christelike geloof en uitnemend geskik vir mense wat buite die geloof staan maar dit graag wil ondersoek asook vir gelowiges wat geestelike verryk wil word en 'n hertoewyding aan die Here wil maak. Help met die aanbieding, tree op as groepleiers/helpers, logistieke reëlings, etes en verversings.
Gemeenskapsdiens
Help om 'n verskil te maak in die gemeenskap deur betrokke te raak by ouerskapseminare, ondersteuningsgroepe, berading (insluitend e-pos berading) en andere praktiese hulpverleningsaksies.
