Bedieninge

 

Die studeerkamer

'n Studeerkamer is 'n werkplek. Hier word inligtingsmateriaal (boeke, tydskrifte ens.) en hulpmiddele (rekenaars, rakke, kabinette) geplaas ten einde die inwoners van de huis te help kennis in te samel en hulle lewens te verryk. In 'n gemeente is dit noodsaaklik om geleenthede te skep sodat lidmate toegerus kan word en kan toelaat dat God hulle verander deur hulle denke te vernuwe. (Rom 12:2)

Video-kursusse

Talle van Walk thru the Bible se video-kursusse is beskikbaar vir aanbieding, bv. Jabes gebed, "Secrets of the Vine", "The Vision of a Leader", ens. Help met die aanbieding en logistieke reëlings.

Dissipelprogram

Word deel van 'n groep wat die dissipelprogram deurwerk en oorweeg dan om die opleiding vir fassiliteerders te deurloop en self 'n groep te lei.

Ontdek jou plek seminare

Met 'n magdom bedieninge waarby lidmate kan inskakel is dit dikwels moeilik om te bepaal waar om jou gewig in te gooi. Die "Ontdek Jou Plek" seminare help 'n mens om meer duidelikheid oor jou plek in God se plan te ontdek. Help om hierdie seminare te reël. Konsultante, wat mense op 'n een-tot-een basis kan begelei, word ook benodig.

Herderleier-opleiding

Help met die aanbieding van gereelde opleidingseminare vir herderleiers van selgemeentes.

Bedieningspan-opleiding

Help met die aanbieding van opleidingseminare vir wyksbedieningspanne (ouderlinge, diakens en dienswerkers).

Terug na bo ...

Die vyf vertrekke ...

Voorkamer

Woonkamer

Eetkamer

Studeerkamer

Kombuis

Buitenshuis

Bedieningsgids (PDF 304kb)

Terug na bedieninge