Bedieninge
Die kombuis
'n Kombuis is bykans onontbeerlik vir enige huis. Dit wat uiteindelik voorgesit word is die resultaat van harde werk agter die skerms—oftewel in die kombuis. Elke gemeente het ook noodsaaklike kom-buiswerk nodig om effektief te kan funksioneer.
Finansies
Sluit aan by Fiskom (Fondsinsamelingstrategiekomitee) en help om addisionele fondse vir die gemeente te genereer. Help ook om dankoffers na eredienste te tel en die geld te bank. Hulp word ook benodig by die opstel en bestuur van die begroting.
Administrasie
Die instandhouding van die gemeentelike databasis verg konstante aandag en gereelde belwerk. Help die administratiewe personeel met hierdie taak.
Kommunikasie
Die deurgee van inligting na gemeentelede op 'n betroubare en gereelde basis is noodsaaklik. Help hiermee deur betrokke te raak by die Herout-redaksie, die ontwikkeling en instandhouding van die Web-bladsy, die vulling en verspreiding van koeverte, en die bemanning van 'n inligtingstafel na die eerste oggenddiens.
Feeste en Funksies
Help met die bediening van tee en verversings na die eerste oggenddiens asook hulp met ander funksies en feeste in die gemeente, soos 'n gemeente-ete, gemeente-feeste, ens.
Eiendom
Hulp word benodig met die instandhouding van die geboue van die gemeente asook van die tuin rondom die kerkgebou en gemeentesentrum. Dit sal ook help as daar 'n gereelde skoonmaakspan op die been gebring kan word.
Diensverhoudinge
Die voltydse en deeltydse amptenare en personeel van die gemeente moet na omgesien word wat betref dienskontrakte en ander arbeidsregtelike kwessies wat daarmee gepaard gaan. Sake soos pensioen en medies moet ook onder die loep kom. Help om hierdie belangrike aspek van die gemeente se werksaamhede vlot te laat verloop.
Rekenaarbediening
Help om die rekenaars en verwante toerusting van die gemeente in stand te hou en op te gradeer. Dit sluit die hardeware sowel as die sagteware in.
Goeie Rentmeesterskap
Help lidmate om hulle finansies beter te hanteer en volgens Bybels-verantwoordelike riglyne te bestuur.
