Bedieninge

Lyttelton-Oos is 'n geestelike huis waarin God woon (Ef 2:22). 

In hierdie huis is daar vyf vertrekke.  Dit wat in hierdie vertrekke gebeur ondersteun dit wat ons buite die huis doen.  In elke vertrek is daar 'n aantal aktiwiteite (bedieninge) wat plaasvind. 

 

Die vyf vertrekke is:

 

Die voorkamer

Dit is die plek waar ons ons gaste ontvang en waar ons hulle graag welkom wil laat voel.

 

Die woonkamer

Hier kuier ons saam en leer ons mekaar ken en word ons tot 'n hegte eenheid saamgesmee.  Ons leer ook mekaar se nood ken en maak saam planne om mekaar te help.

 

Die eetkamer

Hier voed die Vader van huis ons met sy Woord en kry ons so geestelike krag vir die uitdagings en geleenthede wat elke dag op ons wag.

 

Die studeerkamer

Hier word ons as dissipels gevorm deur die Vader se Woord en die Gees.  Ons denke word vernuwe en ons lewens word verander. (Rom 12:1-2)

 

Die kombuis 

Wat is 'n huis sonder 'n kombuis?  Die agter-die-skerms werk vind hier plaas, dit wil sê die administrasie, instandhouding en voorbereiding.

 

Buitenshuis

Hier lê die eintlike werk van in huisbewoners.  Dit is hier waar ons gemeente God se roeping om 'n stukkende wêreld heel te maak nakom.

 

Bedieningsgids

Laai 'n volledig bedieningsgids in pdf-formaat hier af (304kb).

 

Terug na bo ...

Die vyf vertrekke ...

Voorkamer

Woonkamer

Eetkamer

Studeerkamer

Kombuis

Buitenshuis

Bedieningsgids (PDF 304kb)