Bedieninge

 

Die eetkamer

Die eetkamer is die plek waar ons voedsel inneem wat ons weer met nuwe lewenskrag en energie toerus. Vir die gelowige is geestelike voeldsel uiters belangrik. As ons siele nie gevoed word nie, teer ons geestelik uit en neem die lewe met sy probleme ons gevange.

Gebedsbediening

Help om 'n goed-georganiseerde gebedsbediening op die been te bring. Die gemeente-huis moet bekend staan as 'n "huis van gebed". Voorbidding vir mekaar, vir ander, vir ons land en regering, en vir die uitbreiding van God se koninkryk moet spontaan, maar ook georganiseerd plaasvind.

Eredienste

Help met die aanbied van ons eredienste, deur betrokke te raak by die voorsang, projeksie, blomme en ander logistieke aspekte. Elke Dinsdagaand om 20:00 kom almal wat help beplan aan die eredienste by Krugerlaan 105 bymekaar. Hulle gesels oor die komende boodskappe en gee voorstelle en insette.

Jy kan ook die diakonie help met die bediening van die nagmaal en die opneem van die offergawes. 'n Kassetbediening (opneem van preke, duplisering en verspreiding) moet op die been gebring word.

Kerklike Jaar

Help met die talle logistieke reëlings sodat Kersfees, Paasfees en Pinkster sinvol gevier kan word. Hulp met versierings, blomme, kerse, baniere, e.a. aspekte word benodig.

Retraits

Help om wegbreekgeleenthede te reël waar gelowiges kan stilword en nader aan God kan beweeg.

Gebed van die Hart

Help met die reël van werkswinkels waartydens gelowiges geleer word hoe om hierdie besondere sielsverrykende vorm van gebed te bemeester

Oggende van Stilte

Hulp met die logistieke reëlings en aanbieding van sulke oggende word benodig.

Terug na bo ...

Die vyf vertrekke ...

Voorkamer

Woonkamer

Eetkamer

Studeerkamer

Kombuis

Buitenshuis

Bedieningsgids (PDF 304kb)

Terug na bedieninge