Bedieninge
Buitenshuis
Aksie Arbeiders vir die Oes
Hierdie organisie beywer hulleself om mense te motiveer, mobiliseer en toe te rus om die Goeie Nuus uit te dra. Ons gemeente is al etlike jare betrokke by die ondersteuning van Aksie Arbeiders vir die Oes.
Straatkinders
Vandag se straatkinders is more se misdadigers. Help dit voorkom deur betrokke te raak by die bediening van die evangelie op verskeie maniere aan straatkinders. Daar is 'n paar geleenthede:
- Straatkinders in Centurion
- Die rehabilitasie-sentrum op Salvokop
- Die koffiekroeg op die hoek van Beatrix en Schoemanstrate in Sunnyside
Laasgenoemde twee projekte word bedryf deur Aksie Arbeiders vir die Oes. Die leier van Aksie Arbeiders, Jan van Jaarsveld, is tans ook die voorsitter van die Tshwane Alliansie vir Straatkinders.
Afrika Uitreike
Ons gemeente ondersteun gereelde uitreike na Lepelle (elke maand en 'n groot jaarlikse uitreik) asook 'n aantal sendelinge in Afrika:
Gavin Porter (Zambië)
Johan en Trudie Robbertse (Tanzanië—d.m.v. Aksie Arbeiders vir die Oes)
Centurion Voedselprojek
'n Groot voedselprojek met die doel om oorskiet voedsel van groot kettingwinkels te bekom vir verspreiding onder minder-bevoorregtes word tans beplan. Talle diensleweringsge-leenthede sal hieruit voortspruit
Geloofoffer Administrasie
Die jaarlikse opneem van die geloofoffer asook die bestuur daarvan verg groot administratiewe insette. Help ons hierdie fondse tot maksimum voordeel van God se koninkryk aan te wend.
