Aktiwiteite
Indien jy belangstel om betrokke te raak by die aktiwiteite van die gemeente, kontak ds Freddie Schoeman.
Benewens die gereelde aktiwiteite wat hiernaas deur skakels uitgelig word, bied ons ook die volgende aan:
Bidure
Bidure word weekliks op Woensdagaande gehou in die konsistorie. Dit duur vanaf 18:30 tot ongeveer 19:30. Dit vind onder leiding van ds Odie Odendaal plaas.
Vroue bybelstudie
Die susters kom elke Dinsdagoggend om 09:00 (behalwe tydens skoolvakansies) onder leidig van Salomé Karstell bymekaar om saam te bid en bybelstudie te doen.
Kontak Salomé Karstell by tel: 012-664-3222.
Dissipelprogram
Die Dissipelprogram is intensiewe studie van die Bybel wat oor 34 sessies strek. Dit vind in groepsverband plaas en dek ongeveer 70% van die Bybel.
Kontak ds Freddie Schoeman.
Retraits
Die doel van 'n retrait is om vir 'n tyd lank uit die gewoel en gewerskaf van die gewone lewe te ontrek om sodoende tyd saam met God te spandeer. Retraits is dus tye van geestelike vernuwing en verkwikking.
Kontak ds Freddie Schoeman as jy belangstel in 'n retrait.
Ander Aktiwiteite
- Oggende van stilte
- Uitreike
- Koffiekroeg vir straatkinders
- Emmaus-wandeling
- Gemeentefees
- Oesfees
- 'Steak' aand
- Lentetee
- Lugskou-aktiwiteite
Meer inligting oor opkomende gebeurtenisse, funksies en geleenthede kan verkry word via die nuus-knoppie.
