Welkom by ons tuiste in die kuberruim!
Lyttelton-Oos bestaan om God te verheerlik deur dissipels te wees wat vrugte dra (Joh 15:8). Hierdie vrugte vloei voort uit 'n noue verhouding met God, mekaar en ons naaste.
Dissipels leef 'n lewe in oorvloed en help mense om 'n lewe in oorvloed te leef deur hulle te help om:
- ware lewensvrede te beleef
- 'n egte lewenstuiste te vind
- lewenskrag te ervaar
- lewensvernuwing te ondergaan en
- lewensvervulling te vind.
NUUT: Luister na opnames van preke!

Kliek op die skakel hierbo om te luister na preke.
Nuut op die blad ...
• Die Herout, 13 Mei (PDF)
Onthou!
• PINKSTER 2012
21 - 25 MEI
21 Mei 10:00 en 19:00
22 Mei 10:00 en 19:00
23 Mei 10:00 en 19:00
24 Mei 10:00 en 19:00
15 Junie 10:00
Oggendreeks: Ds Odie Odendaal
Aandreekstema: In die Kragveld van die Gees
• ADORAMUSDIENS
6 JUNIE
Beleef die Here deur in stilte te fokus op sy teenwoordigheid, na te dink oor sy Woord en deur meditatiewe liedere saam te sing.
Wanneer: Eerste Woensdag van die maand in skoolkwartaal (sien almanak)
Waar: Kerkgebou Tyd: 19:00
• DELTAKURSUS 2012
Donderdagaande 31 Mei – 21 Junie asook
26 Julie – 23 Augustus om 19:00 - 21:30
Lees meer ...
• PARKNAVAL
15 SEPTEMBER
Ons het nou al jou hulp nodig!
Lees meer ...
• KOFFIEWINKEL @ HEALTH
Die Gemeente se koffiewinkel by die @Health Mediese Sentrum in Jeanlaan is voluit aan die gang!
Die koffiewinkel is oop van Maandae tot Vrydae vanaf 07:30 tot 17:00
Saterdae vanaf 07:30 – 12:00
Daar is heerlike koffie/tee en ʼn ietsie te ete.
Gemeentelede wat ʼn rustige en goeie ontbyt daar wil geniet is baie welkom. Groepe kan ook vooraf bespreek by George Anderson selfoon 072 340 8825.
Ondersteun asseblief hierdie projek van Lyttelton-Oos.

| Ontvang ons gereelde e-pos nuusbrief |
|
|